Covid-19 het ons vir lank binne ons huise gehou en gaan nog lank vakansies na ons buurlande en oorsee bemoeilik. Verken jou provinsie en Suid-Afrika met die hulp van wegreis.co.za 

 Wat is WegReis? 

Weg, die gewilde reistydskrif, het ’n aanlyn reisagentskap gevestig waar jy veilig en maklik jou binnelandse (en later buitelandse) vakansies kan bespreek.  

Hoe werk dit? 

Gaan na wegreis.co.za vir inspirasie as jy ’n reisbestemming soek, en gebruik die soekenjin om verblyf en vliegkaartjies te bespreek. Meer as 8000 verblyfinstansies (hotelle, gastehuise, b&b’s, reservate en selfs ’n paar kampterreine) word gelys. Jy kan ook die pryse van vlugte vergelyk en bespreek. Jy kies, klik en bespreek. Tjop-tjop. Kyk ook uit vir spesiale aanbiedings en spesiale pakketpryse (waar ons vir jou verblyf en ’n vliegkaartjie teen ’n spesiale prys in ’n bondel sit). 

As jy lus het vir ’n spesiale ervaring, bespreek ’n staptoer of safaririt op wegreis.co.za

Bang dat jy moet kanselleer weens Covid-19? 

Die verblyfopsies dui aan watter instansies jou toelaat om te kanselleer. Kies gemoedsrus. 

Wat kan jy bespreek? 

  • Vlugte
  • Verblyf
  • Ervarings 
 
Spaar R250 op jou volgende vakansie

WegReis het ’n spesiale bekendstellingsaanbod. Bespreek ’n reis van meer as R1500 en jy kry R250 afslag. Gebruik die kode: weg2021.