Miskien is dié oortuiging al in sommige se kinderjare vasgelê toe die gesin gedurende die Desembervakansie saans saam na Orion gestaar het.
En nou is hulle verward omdat dié konstellasie ná middernag of hier in die middel van die winter net nêrens te sien is nie!
Omdat die aarde om sy eie as draai, verskuif die sterre se posisie (soos deur ons waargeneem) elke dag.