Deel

Sweef op jou verjaarsdag!

akkreditasie
Die Tafelberg-sweefspoor
Die Tafelberg-sweefspoor
Een van die lekkerste verjaarsdaggeskenke is ’n gratis rit op die Tafelberg-sweefspoor.

Op jou verjaarsdag kan jy verniet bergop én -af ry, wys net jou ID-boekie by die kaartjiekantoor (’n retoerkaartjie kos gewoonlik vanaf R300p.p.).

Maar nie almal kan óp hulle geboortedag in Kaapstad uitkom nie. Die goeie nuus is: Dié spesiale aanbod geld nou vir jou ganse geboortemaand! As jy dus op 17 Desember verjaar, kan jy jou gratis kaartjie vir enige dag in Desember bespreek.

Wahida Parker, uitvoerende hoof van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy, sê dis hulle poging om die berg vir meer Suid-Afrikaners toeganklik te maak. “Ons hoop om met Tafelberg se erfenis en natuurskoon vir elke besoeker ’n wêreldklas-ervaring te bied.”

Gaan na tablemountain.net.