Die ou lokomotiewe wat in die spoorwegwerf staan en roes het afgeleef gelyk en ek het telkens gewonder: Hoe indrukwekkend moet dié enjins nie op hulle dag gewees het nie?
Die stasie is in 1888 gebou, vier jaar ná die stigting van die Natalse Regeringspoorweë-netwerk. Dit was ’n halte op die roete tussen Durban en Johannesburg.
“Toe ek hier kom woon het, het ek altyd my maandelikse bestelling KWV-wyn by dié stasie kom afhaal,” vertel my pa, Mike, my.