Van der Lingen het ’n duisend pond tot sy beskikking gehad – dit was ingesamel om ’n teologiese kweekskool in die Paarl te stig. Maar die kweekskool word toe op Stellenbosch geopen en die dominee besluit om die geld vir die bou van ’n skool te gebruik.
Op 12 Januarie 1858 open hy die private Laerskool Gimnasium in die Paarl se hoofstraat, met Nederlands as voertaal.
Dít gebeur minder as ’n jaar nadat agt mans – C.P. Hoogenhout, D.F. du Toit, August Ahrbeck, Petrus Malherbe, D.F. du Toit, Arnoldus Pannevis, ds. S.J. du Toit en Gideon Malherbe – byeengekom het om die bevordering van Kaaps-Hollands (ook genoem “Kitchen Dutch”) as ’n skryftaal te bespreek. Dit was die ontstaan van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA).