Bridgestone se luglose band is soortgelyk aan Michelin se Uptis. Daar is reeds ’n werkende weergawe vir trapfietse, maar die maatskappy is nog besig met die ontwikkeling van een vir swaarder motorvoertuie.
Hierdie band is gevul met lewende mos wat water van die padoppervlak en koolstofdioksied uit die lug inneem. Die mos stel nie net suurstof vry nie, maar volgens Goodyear wek die biologiese proses ook elektrisiteit op.
Hankook se wiel bevat honderde sensors en bewegende dele wat padtoetsande dophou en daarby aanpas. Die band kan vanself stywer of papper word, en ook sy omtrek vergroot of verklein.