book-icon Uitgawe Oktober 2019
Deel

Toyota se bosbus

akkreditasie
 FJ Cruiser
FJ Cruiser

Toyota se FJ Cruiser het sy bestaan te danke aan ’n soortgelyke storie nadat aanhangers só ’n bohaai gemaak het by die Detroit-motorskou van 2003 dat Toyota daardie konsep in 2005 verwesenlik het.

Berigte uit Japan lui dat Toyota tans aan ’n voorproduksieweergawe van die TJ Cruiser werk wat moontlik by vandeesmaand se Tokio-skou onthul gaan word. Daar is reeds op die 2017-skou gewys dat die TJ Cruiser sewe sitplekke gaan hê waarvan ses platslaan vir ’n reusagtige laairuim, of selfs ál sewe sitplekke sodat jy die binneruim in ’n kermisbed kan omskep.

Die 2017-konsepvoertuig was betreklik kort teen 4 300 mm, met ’n 2 750 mm-asafstand (teenoor ’n VW Caravelle se 4 904 mm en 3 000 mm), en volgens bronne gaan die produksieweergawe nie ver van dié kordater afmetings afwyk nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan