Al ooit lus gekry om met jou fiets te gaan vakansie hou? Weg se nuwe tydskrif, ToerFiets, bevat alles wat jy moet weet oor avontuurlike reise in Suid-Afrika en oorsee.

Daar is raad oor wat om in te pak, watter artikels jou lewe in die saal makliker (en gemakliker) sal maak en die toerustingafdeling wys jou alles wat nuut op die rak is. As jy nuwe wiele wil aanskaf, sal jy raad oor bekostigbare bergfietse kry terwyl die selfdoeners kan leer oor om hulle remme self te bloei.

Die profiele stel jou voor aan die mense wat saakmaak in die bedryf – van fietsbouers in Woodstock tot die vinnigste vrou in avontuurrenne. En as jy voel 2020 het jou ingeloop met fietsrygeleenthede, blaai na die avontuurrenkalender om te sien waarvoor jy solank kan begin beplan en oefen hier en oorsee.

ToerFiets bied iets vir oud en jonk, en dis boonop ’n eerste in Afrikaans. Van die rusbank-toerdromer tot die langpad-trapper van die Sederberge. Klim in die saal met jou nuwe ToerFiets in die hand.


Kry jou digitale kopie op Magzter, of soek daarna op groot handelaars se rakke!