Deel

Veldbrandseisoen: Hier is wenke om veilig in die buitelug te bly

akkreditasie
Die Wynlande is gereed vir die veldbrandseisoen.
Die Wynlande is gereed vir die veldbrandseisoen.
Geborg: Die Wes-Kaap word hierdie tyd van die jaar dikwels deur veldbrande geteister. Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit wys wat hulle doen om veldbrande te voorkom, en gee nuttige wenke en noodnommers wat jy byderhand kan hou om veilig te bly.
Die streek is gereed vir die veldbrandseisoen.
Die munisipaliteit is gereed.

Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) se brandweerdiens blus elke jaar sowat 1 500 veldbrande in ’n gebied van sowat 22 309 km2.

Die brandseisoen strek gewoonlik van 1 November tot 30 April. Sowat 93% van veldbrande word deur mense veroorsaak, en enkele weens weerlig of diereaktiwiteit. Brandbestryding is egter nie al wat die KWDM-brandweerdiens doen nie; hy berei ook noodsaaklike brandpaaie voor.

Boere of grondeienaars in die KWDM kan die brandweer-dienste kontak vir hulp met brandpaaie. Om te kan byhou, word nuwe brandbestryders gereeld opgelei terwyl bestaande brandbestryders hulle vaardighede uitbrei. 

Brandbestryding is egter nie al wat die KWDM-brandweerdiens doen nie; hy berei ook noodsaaklike brandpaaie voor.

Die burgemeester, dr. Helena von Schlicht, word aan die brandbestryders voorgestel.
Die KWDM het 32 nuwe brandbestryders opgelei.
Die brandbestryders het in Oktober hul opleiding voltooi.
Die groep sluit vier vroue in.
Die brandbestryders is gereed.

Die KWDM het op 26 Oktober 32 nuwe brandbestryders op ’n plegtigheid verwelkom en het nou 60 voltydse brandbestryders en 60 reserviste. Die munisipaliteit werk saam met Kaapse Natuurbewaring, die Wynland-brandbeskermingsvereniging en vyf private grondspanne. Nie alle brande word op dieselfde wyse bestuur nie. Die brandweerspan besluit op die beste werkswyse na gelang van die situasie.

Partykeer sal die brandweerdiens ’n deel van die veld laat brand sodat dit kan aanvul. Brande hoog op in die berg is moeilik bereikbaar, en partykeer moet grondspanne ingevlieg word.

Die doelwit van die KWDM-brandweerdiens is om mense, hulle eiendom en die omgewing teen veldbrande te beskerm. Die hoofdoelwit is om brande te verhoed en – wanneer dit wel uitbreek – lewensverlies te voorkom en skade aan eiendom te beperk. Die KWDM se gereedheidsbeplanning vir die 2018-’19-veldbrandseisoen sluit ’n bestekopname van veldbrandrisiko’s in.

Volg die wenke om brande te voorkom.
Bly veilig in die buitelug.

Bly veilig wanneer jy stap, fietsry of kamp

• Wees altyd bedag op die moontlikheid van veldbrande.
• Wees bewus van jou omgewing.
• Maak seker jou selfoon-battery is gelaai en hou die plaaslike nooddienste se kontaknommers daarop voor jy dit buite waag.
• Sê altyd vir iemand waar jy gaan stap, fietsry of kamp, en wanneer hulle jou kan terugverwag.
• Maak seker jy kry die nodige permit vir die gebied wat jy wil besoek. 
• Moet nooit vuurmaak buite ’n toegewese plek nie. 
• Indien jy deur ’n brand vasgekeer word: Bly windop van die vlamme en probeer ontsnap deur ’n gebied met yl groen plantegroei.

Doenlysie vir grondeienaars, gasteplase, boschalets, ensovoorts

Voor die brandseisoen

• Verminder brandstof op jou grenslyn (soos stompe, blare en dennenaalde). 
• Gee spesifieke aandag aan die bestuur van brandstoflading in gebiede teen hellings. (’n Vuur brand vinniger opdraand as afdraand.)
• Maak brandstroke wat aan jou eiendom grens. 

Gebou-instandhouding

• Verwyder blare en rommel uit geute. 
• Verwyder vlambare en droë plantegroei van onder dekke. 
• Maak seker dat tuinslange lank genoeg is om al die kante van die huis by te kom. 
• Verwyder boomtakke wat bo-oor enige gebou hang.

Tuin-instandhouding

• Sny lang gras en kreupelbos. 
• Verwyder dooie en droë takke van bome. 

Vee

• Berei dele voor met minder brandgevare (en hou dit in stand) sodat jy vee daarheen kan skuif tydens ’n brand. 

In die brandseisoen 

Vroeë waarskuwingstelsels

• Wees bewus van watter weerstoestande in jou gebied geassosieer word met hoë 
brandgevaar (temperatuur, windspoed en -rigting en relatiewe humiditeit). 
• Wees bewus van die daaglikse brand-gevaargradering in die brandseisoen. 
• Weet watter radiostasie nuus oor veldbrande sal versprei. 

Kommunikasie

• Stel ’n lys met noodnommers saam. 
• Maak seker die brandweer kan jou eiendom maklik opspoor. 

Geboue en tuine

• Verwyder vlambare materiaal soos houthope wat naby geboue is. 
• Bêre petrol en verf op een plek weg van die huis af. 
• Hou grasperke kort en groen. 
• Sny gras en ander plantegroei onder bome. 
• Verwyder dooie blare en droë plantegroei en vullis uit jou tuin. 

Toerusting

• Bêre vuurslaners, harke, grawe, emmers, tuinslange en moppe op een plek waarby 
jy maklik kan uitkom. 
• Gaan pompe op ’n daaglikse basis na.

Noodplan

• Oefen jou gesin se noodontruimingsplan. 
• Sluit troeteldiere by jou ontruimingsplan in.
• Maak seker al jou gesinslede en werknemers weet van “stop, drop and roll” vir as hulle klere aan die brand slaan.
• Stel ’n veilige ontmoetingsplek buite die huis vas vir julle gesin. 
• Bêre beskermende klere vir die hele gesin op een plek waarby jy maklik 
kan uitkom. 
• Maak seker genoeg drinkwater is beskikbaar.

Hou byderhand:

Die nommer vir die CWDM-brandweerdiens: 021 887 4446

Maak seker jy ken die telefoonnommers van jou plaaslike nooddienste. Onthou: Dis gratis om ’n brand aan te meld.

Die Kaapse Wynlande sluit hierdie gebied in
Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit