book-icon Uitgawe Desember 2018

Veldfeite: Ek is nié vandag op jóú spyskaart nie!

akkreditasie

Die gemiddelde herbivoor bring die grootste deel van die dag deur (en gebruik baie energie) om genoeg kos te kry om hulle te onderhou. Die plante wat hulle vreet, is dikwels laag in voedingstowwe. ’n Olifant moet byvoorbeeld sowat 350 kg gras, blare, bas en takkies per dag vreet!

Roofdiere is vir korter tye op ’n slag aktief, maar die jagproses verg hope energie. Studies wys dat jagluiperds en leeus, byvoorbeeld, vir lang tye rondlê en niks doen (byna soos jou kat by die huis!) – leeus slaap tot 20 uur per dag – om energie te spaar vir jagtogte. Hulle kan net vir ’n kort rukkie só vinnig hardloop voordat hulle weer moet rus.

Dis basies hoekom groot roofdiere en -voëls nie veel aandag gee aan te klein prooidiere nie. Arende sal nie noodwendig probeer om vinkies te vang nie. ’n Vink en ’n tarentaal verg ewe veel energie om te vang. Die verskil lê in die beloning: Die tarentaal is ’n behoorlike maaltyd terwyl die vink net ’n voorgereggie is. Vir ’n klein valk is ’n vink wel die moeite werd.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan