book-icon Uitgawe Maart 2019
Deel

Veldry-Lambo

akkreditasie
Die Lambo
Die Lambo

Dié pakket bestaan uit onderstelbeskerming, ’n staaluitlaatpypstelsel, skermplate op die buffers en ’n beter grondvryhoogte. Die bosbefoeterde Urus staan nou 248 mm bo die grond, 35 mm hoër as ’n standaard-Urus, en het ’n nader- en vertrekhoek van onderskeidelik 27,9º en 28,3º.

Daar is ook twee ekstra ritmodusse, “Terra” en “Sabbia” (Italiaans vir “grond” en “sand”), sodat die Urus by ruwe terrein kan aanpas. Die Urus word aangedryf deur ’n V8-dubbelturboenjin wat 850 Nm en 478 kW opwek. Sy topsnelheid is 305 km/h en hy versnel binne 3,6 s van 0-100 km/h.

Teoreties sal jy dus binne 1½ uur die 500 km tussen Maputo en Inhambane kan aflê. Met al die beeste en donkies langs die pad gaan die Urus se groot sierrooster dit egter ontgeld.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan