Deel

Verander die wêreld met jou tandesorg

akkreditasie
GEBORG: Earthly Toothpaste Tablets bespaar water, skep geen afval nie, bevat geen kleurmiddels wat in die see beland nie en help om minderbevoorregte gemeenskappe te voed en met hul tandesorg te help. Stel jou voor dat jy dit alles doen voor jy soggens werk toe gaan.

Wanneer jy tandepasta uitdruk soos die mense in die advertensies dit doen en ’n stroom water daaroor laat loop, dink hieraan: Wat word van jou leë tandepastabuis wanneer dit op is? Hoeveel daarvan volg dieselfde pad? Wat doen tandepasta aan die see, waar dit uiteindelik opeindig? En hoe lank hou daardie groot buis wat jy koop werklik?

As jy nie al die antwoorde het nie, moenie bekommerd wees nie – Earthly Co. het dit vir jou gedoen en met ’n oplossing vorendag gekom vir ’n probleem wat jy waarskynlik nie geweet het jy het nie, maar wat op groot skaal swaar op die wêreld se skouers rus.

Eerstens, hoe werk dit?

Earthly se tandepastatablette is ’n tandepastaformule wat sonder water gemaak is en in ’n tabletvorm gedruk is. Om dit te gebruik, plaas ’n tablet in jou mond en byt daarop. Laat dan jou speeksel toe om dit in ’n pasta af te breek. Borsel dan met ’n tandeborsel. En dis dit!

Maar hoekom tablette? 

Ons het die besonderhede vir jou saamgevat:

  • Plastiekvry, volledig herwinbaar en omgewingsvriendelik: Die tandepastatablette is die volhoubare mondversorgingsoplossing waarna jy gesoek het. Die verpakking is 100% herbruikbaar en herwinbaar vir ewig, aangesien dit net glas, aluminium en papier bevat.
  • Dit bied dieselfde mondgesondheidsvoordele as tradisionele tandepasta wat in buise voorkom, maar sonder om Moeder Aarde te besoedel.
  • Die produk word volledig in Suid-Afrika vervaardig. Selfs die houtskool in die Charcoal Whitening-reeks word gemaak van fyngemaakte makadamiadoppies wat ’n plaaslike neweproduk is, pleks van palmolieblare, wat die hoofbron vir die houtskool in ander tandepastahandelsname is.
  • Jy weet presies hoe lank jou tandepasta-tablette sal hou. Elke bottel bevat presies 45 dae se borsel twee keer per dag. Jou tradisionele tandepastabuis hou gemiddeld 28 dae.
  • Die produk is volledig gesertifiseer deur Suid-Afrika se Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS). Moenie bekommerd wees as jy nie weet wat dit beteken nie, weet net dat die meeste ander tandepasta in Suid-Afrika nie gesertifiseer is nie.

Vir elke bottel wat verkoop word, skenk Earthly Co. R2 aan die 500kperday-program (wat genoeg is vir een maaltydpakkie), asook ’n tandepastatablet. Bestuur deur Outside the Bowl Africa (’n organisasie sonder winsoogmerk wat voedsame maaltye vervaardig wat 85% van die vereiste daaglikse voeding verskaf, soos gesertifiseer en onderskryf deur die Wêreldvoedselbank), het die 500kperday-program ten doel om elke dag maaltye aan 500 000 kinders te verskaf.

Bogenoemde feit klink dalk na ’n standaard korporatiewe liefdadigheidsveldtog. Maar voor jy dit afmaak, dink hieraan: Die gemiddelde mandjiegrootte van ’n laerinkomstegesin in Suid-Afrika is R45 per week – en dit sluit nie tandepasta in nie.

Earthly Toothpaste Tablets is ivyf reekse beskikbaar:

  • All Round Protection in Cool Mint
  • Herbal Protection in Fresh Mint
  • Kids All Round Protection in Strawberry
  • Charcoal Whitening in Cool Mint
  • Sensitivity Prevention in Fresh Mint

Earthly Toothpaste Tablets sal binnekort aanlyn en in winkels beskikbaar wees. Vind intussen meer oor hulle uit by: earthlycorporate.com, earthlytoothpaste.com en 500kperday.com.