Les Davis en Roger Purchase het Saterdag 15 April met hulle motorfietse van Willowmore af deur die Baviaanskloof getoer. Teen ’n steil bult het ’n alleenloper-buffel of “Dagha Boy” verskyn en hulle het versigtig beweeg om te kyk of die buffel van die pad af sal gaan. 

Les Davis het die GoPro gedra en vertel: “Ek weet uit ervaring dat buffels is baie aggressiewe diere. Ons wou dus nie onnodig moeilikheid maak nie en het die situasie versigtig probeer benader om te kyk of die buffel gaan padgee. Toe die buffel storm het ons geskrik, maar hy wou ons net waarsku en wys hy is baas. Gelukkig is ons én die buffel ongedeerd.”


VIDEO: Les Davis