Is jy een van die 28 486 mense wat die afgelope naweek se Beeld-vakansieskou bygewoon het, of het jy dit misgeloop? Hier is vir jou ’n kort video-oorsig. 


Ons het gesels met van die uitstallers en besoekers. En as jy nog altyd wou gaan, maar Midrand is vir jou te ver van die berg en die blou see, luister dan mooi wat sê Hampie de Kock, die skouorganiseerder, na die einde se kant van die video. 

Maak ook seker jy kry aanstaande maand se April-uitgawe van WegSleep vir breedvoerige nuus en besonderhede oor die skou en uitstallers.