Deel

Vier nuwe reservate vir die Noord-Kaap!

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Moenie te opgewonde raak nie: Dié vier nuwe reservate het nie die Groot Vyf, ruskampe of piekniekkolle nie. Nee, dis suiwer vir die beskerming van unieke eilandberge (ook genoem inselberge) en skaars plantegroeistreke soos die Boesmanland-inselstruikveld, Aggeneys-gruisvygieveld en die Boesmanland-grasveld teen stropery en mynbedrywighede.

Die alleenstaande eilandberge lê oos van Springbok. Die nuwe Areb-, Karas-, Marietjie van Niekerk- en Smorgenskadu-natuurreservaat vorm saam die Karrasberge- beskermde gebied (57 km²). Dié gebied vorm weer deel van die Sukkulente-Karoo-bioom van 116 000 km², wat strek oor die droë westelike deel van Suid-Afrika – insluitend Namakwaland en die Richtersveld-oorgrenspark. Dis ongewoon vir sulke dor streke om só biodivers te wees.

Hier hou onder meer 27 amfibiese, 121 reptiel-, 431 voëlspesies én meer as 6 300 plantspesies (en verskeie vetplante wat net hier voorkom). Van dié spesies hou in dié eilandberge.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan