
Foto: Mia Louw
Wêreldvleilanddag word elke jaar op 2 Februarie gevier en vanjaar se tema is “Vleilande en Water”.
Dié tema beklemtoon hoe belangrik vleilande as ’n bron van varswater is en moedig ons aan om die voortbestaan van vleilande wêreldwyd te verseker.
Die Ramsarlys van vleilande gee erkenning aan belangrike vleilande en Suid-Afrika het 26 Ramsar-bewaringsgebiede op dié lys van meer as 130 vleilande. Ramsar, ’n internasionale verdrag wat riglyne gee oor hoe vleilande en hulle hulpbronne beskerm kan word, en aanmoedig hoe om dit volhoubaar te gebruik is in 1971 in Ramsar, Iran, opgestel en in 1975 bekragtig.
Hier is vier Weg-artikels oor aktiwiteite wat jy in van ons vleilande kan aanpak. Gaan op ’n staproete, kyk voëls, bewonder die natuur en soek na krokodille en seekoeie in jou 4x4.