book-icon Uitgawe Junie/Julie 2021

Vir die voëls: Hoor is glo

akkreditasie
Justin Rhys Nicolau van Unearth Safaris het dié langstertkoekoek in November 2020 afgeneem; hy het dié seldsame voël nog net twee keer op meer as 30 reise na die woude van Sentraal-Mosambiek teëgekom. Hy het dié koekoek die eerste keer in 2014 gesien, maar kon nie toe ’n foto neem nie.

Die koekoek wat só roep, kan óns duidelik sien hoewel ons hóm nog nie kon gewaar nie. Ek wil al begin aanstoot neem! Maar: dis een van die skaarsste en mees geheimsinnige koekoekspesies in die wêreld; dus soek ons maar geduldig verder.

Die langstertkoekoek is die eerste keer in 1928 in die deesdae se Demokratiese Republiek van die Kongo opgeteken en dié spesie is – byna ’n eeu later – steeds ’n enigma. Byvoorbeeld: Ons weet nog steeds nie watter soort woudvoël as surrogaatbroeier vir hulle instaan nie.

Nes alle ander koekoekspesies het die langstertkoekoek ook parasitiese broeigewoontes, wat beteken dat sy haar eiers in ’n ander voël se nes lê wat haar kuiken dan ten koste van hulle eie grootmaak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan