
Foto: Boshoff Photography
Wou jy nog altyd oor die see gly? Nou kan jy – 1 100 m ver in Mosselbaai! Die wêreld se langste kabelgly oor die see is onlangs hier opgerig.
Die kabelgly bereik ’n spoed van tot 80 km/h terwyl uitsigte oor die oseaan en kranse verbyflits.
Die gly begin by die kranse naby die Van Riebeek-sportgronde, waar die gidse jou gordel en ’n veiligheidspraatjie gee voor jy gly!
Bespreek aanlyn: mosselbayzipline.co.za
Nog inligting: www.facebook.com/pg/MosselBayZipline
Weet voor jy waai
Koste: R450 p.p
Beperkings: ’n Maksimum gewig van 120 kg en lengte van 190 cm. Ouderdom: Nie jonger as 6
Wat moet ek dra? Toe skoene en gemaklike klere, en vermy items wat kan wegwaai. Bring ’n baadjie!
Kort ek ervaring? Nee, dis geskik vir almal.