Deel

Vlieg saam met Airlink na die Victoriawaterval

akkreditasie
Victoriawaterval
Victoriawaterval
GEBORG: Byna elke besoeker se asem word weggeslaan wanneer hulle die eerste keer die Mosi-oa-Tunya (Die Rook wat Donder) sien.

Voor jou is die magtige Zambesirivier – meer as 1 700m wyd – wat skerp in ’n watergordyn val na donker dieptes. Die gedruis verdring stemme en reënboë dans in die sproei wat oor jou gesig kom lê. Elkeen van jou sintuie word oorrompel en jy besef hoekom dié waterval een van die Sewe Wonders van die Natuurlike Wêreld is. 

Nadat jy die Victoriawaterval ervaar het, kan jy verder rivieraf verken al langs die Zambesi, Afrika se grootse rivier wat na die ooste vloei. Dryf teen die rivier af op ’n huisboot en bring luilekker dae deur en verlustig jou aan die uitsigte, mooi sonsondergange en die wildlewe wat in die water en aan land voorkom.

Nadat jy die Victoriawaterval ervaar het, kan jy verder rivieraf verken al langs die Zambesi

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Hierna kan jy die diere in die wêreldbekende Hwange- nasionale park in Zimbabawe besoek, een van die grootste natuurlike wildreservate. Dié park is na aan die Kalahari-woestyn en die tuiste van meer as 100 soogdierspesies en 400 voëlspesies. 

Die trop wildehonde is van die grootstes in die Afrika-kontinent se parke. Ook hou roofdiere soos leeus, luiperde, jagluiperde en hiënas hier – maak seker dat jy heeltyd jou kamera byderhand het! Ná ’n idilliese Afrika-safari kan jy na ander bestemmings reis soos die Krugerwildtuin – dis ook bereikbaar met Airlink. Jy kan ook ’n strandvakansie by jou reisplan inwerk. 

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Gaan kyk hoe lyk die Indiese Oseaan, Mosambiek se mooi eilande Bazaruto of Benguerra. Met Airlink se direkte vlugte van Kaapstad na die Victoriawaterval is dit makliker as ooit om by dié gewilde bestemming uit te kom.

Jy kan ook ’n bossafari kombineer met jou besoek aan die waterval met direkte vlugte van Nelspruit KMIA na Livingstone, Botswana. Dis die vakansie van ’n leeftyd!


Gaan na https://www.flyairlink.com/destinations/flightsto-victoria-falls of https://www.flyairlink.com/destinations/ flights-to-livingstone of gesels met jou reisagent om jou wegbreek te bespreek. 

Foto: Verskaf
Fly Airlink