Intussen beoog die maatskappy dat die helfte van sy verkope teen 2025 elektriese voertuie moet wees, met die res hibriede weergawes.

Hierdie is deel van Volvo se klimaatplan om die koolstofvoetspoor van sy voertuie te verminder. Håkan Samuelsson, Volvo se uitvoerende hoof, sê dié stap is nodig sodat Volvo suksesvol kan bly en groei. Volvo beoog om die voortou te neem met elektriese voertuie.

Naas die XC40 Recharge het Volvo nou sy nuutste hibriede model, die C40 Recharge, bekend gestel. Die C40 is uit die staanspoor ontwerp om uiteindelik heeltemal elektries te wees.

Die C40 is ook die eerste Volvo sonder enige leerafwerking. Hy het ’n 78 kWh-battery wat tot 80% van sy kapasiteit kan laai binne ongeveer 40 minute, en het ’n reikafstand van 420 km.