Die opknappings sluit in:

• Sonkrag voorsien die oornaghutte se elektrisiteit met verbeterde kragvoorraad – ja, jy kan jou selfoon laai! 

• Die watergehalte en -druk is verbeter.

• Die staproetes is vernuwe, met trappe en bouwerk van vlekvrye staal. Die getypoele by Stilgat (tussen Noetsie en Hamerkop) is nou makliker en veiliger bereikbaar.

• Die deure en vensters is vervang, asook grasdakke om brande te voorkom. 

• Vir wanneer jy tam by jou hut aankom ná ’n lang dag se stap kan jy langs ’n groot ringvormige braaiplek ontspan. 

• Alle hutte het yskaste en gasstowe. 

• Die boligte is opgradeer vir beter uitsigte en sterrekyk.

• Die badkamers en storte is ten volle opgeknap by Vaalkrans, Hamerkop en Cupidoskraal. 

Wi-Fi-toegang is ook in die pyplyn. 

Foto: Kaapse Natuurbewaring
Foto: Scott Ramsay. Verskaf: Kaapse Natuurbewaring
Foto: Scott Ramsay.
Foto: Scott Ramsay. Verskaf: Kaapse Natuurbewaring

Dr. Razeena Omar, uitvoerende direkteur van Kaapse Natuurbewaring, sê: “Dit was nie ’n maklike besluit om dié roete so lank te sluit nie. Maar dit was nodig vir die veiligheid van ons gaste, en dit gaan die moeite werd wees vir besoekers. Almal is gretig om ’n wegbreek te geniet ná die nasionale inperking.

Op die Walvisroete stap jy langs pragtige fynbos en die kuslyn – waar jy tussen Junie en November kan sien hoe die suidelike noorkapperwalvisse terugkeer na ons waters! De Hoop sal jou verwagtinge oortref – jy moet dit self ervaar om te verstaan.” 

Die Walvisroete is uiters gewild – die roete lei jou tot bó Potberg met ’n verskeidenheid fynbos, waarna jy die kuslyn volg. Daar is puik kolle vir swem en snorkel. Bespreek net vér vooruit!

Koste: R1795 p.p vir ’n groep van 6 óf 12* (in nie-spitstye). R2900 p.p in spitstye. Daar is ’n diens beskikbaar om jou bagasie te karwei na elke oornaghut – dit kos ’n ekstra R520 per houer.

*Hoewel die oornaghutte tot 12 mense kan huisves, word dit tans beperk tot 6 mense weens Covid-19-regulasies.

Kontakwww.capenature.co.za; 087 087 8250  

Walvisroete
Foto: Kaapse Natuurbewaring
Foto: Kaapse Natuurbewaring
Foto: Kaapse Natuurbewaring
Foto: Kaapse Natuurbewaring
Foto: Kaapse Natuurbewaring