Andries Norval, Sandton: Ek het dié suikerbekkiepaar gesien by my seun se huis op Bela-Bela. Hulle het nesgemaak in ’n mop op ’n wasgoeddraad in die binnehof buite die kombuisdeur. Dit lyk vir my na swartsuikerbekkies.
Die voëlkenner Faansie Peacock antwoord:
Dis ’n witpenssuikerbekkiepaar wat hier nesgesk(r)op het. Dié spesie is ’n bekende in tuine in verskeie streke, en maak nes op allerlei ongewone plekke: Wasgoeddrade, potplante, afdakke... In dié geval lyk dit asof die voëls ’n slim besluit gemaak het – die nes is byna onsigbaar en die twee kuikens groei mooi.
Die wyfie bou die nes in sowat vyf tot agt dae. Droë grasspriete, blare en andergrowwe plantmateriaal word met spinnekopweb saamgebind.