WegSleep en WegRy/Drive Out, twee leiers in hul onderskeie nismarksegmente, het saamgesmelt in ’n meer omvangryke leefstyltydskrif wat gemik is op kampeerders, woonwa- en 4x4-entoesiaste en avontuurreisigers. Die nuwe tydskrif staan bekend as Weg Ry & Sleep.

Die tydskrif is wel nuut, maar beslis nie vreemd nie en bou voort op die sukses en wenresep van sy twee voortgangers.  Die eerste uitgawe is van Maandag 24 Julie 2017 op die winkelrakke. Hier is vir jou 'n kort voorsmakie.