
Ons almal is dalk nou meer binnenshuis met meer tyd op hande vir dáái projek wat jy nog altyd wou aanpak. Daar kan seker nie ’n beter tyd as nou wees om ’n aanlynkursus te doen nie, of hoe?
Doen Weg se aanlynfotokursus – ideaal vir enige fotograaf wat hulle vaardighede wil slyp. Jy kan dit voltooi in jou eie tyd en eie pas, in Afrikaans, en gerieflik by die huis. Jy het lewenslange toegang tot die lesse, sluit aan by ons eksklusiewe Facebook-groep vir leerders, en meer!
Gebruik die koeponkode WegFoto om 10% afslag te kry:
Met ons aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe maklik maak om beter foto’s te leer neem. Lees hier hoe dit werk en wat ander studente oor die kursus te sê het. As jy ’n DSLR-kamera het en steeds huiwerig is om sonder die “Auto”- of “Program”-modus foto’s te neem is die kursus vir jou. Komaan, rus jou toe met die kennis van ons kennerspan en kry groter selfvertoue as fotograaf.
Hoeveel kos dit?
R855 met die koeponkode WegFoto (gewone prys is R950). Dié eenmalige bedrag gee jou lewenslank toegang tot die kursusmateriaal. Jy kan met ’n kredietkaart betaal of ’n elektroniese oorbetaling doen.
Hoe werk dit?
Sodra jy inskryf en betaal, kry jy ’n profiel en kan jy begin leer! Alles gebeur aanlyn. Die lesinhoud is reeds opgelaai en jy kan teen jou eie pas daardeur werk – met ’n koppie koffie, en in jou pajamas in die bed, as jy wil!
Die kursus is in ses modules verdeel.
Klik hier vir die antwoorde op nog algemene vrae.
Of gee dit vir iemand as geskenk!
“Ek het die kursus vreeslik geniet en baie geleer. Dis wonderlik dat dit in Afrikaans is, wat beteken ek verstaan sommer die eerste keer! Dit werk vir my dat ’n mens die kursus teen jou eie pas kan doen – dit gee jou tyd om al die inligting te verwerk en te oefen.”
– Anneri Pienaar
“Dit het beslis gehelp dat al die knoppies en verstellings op my kamera my nie so intimideer nie! Ek het baie geleer.”
– Judie Schickerling
“Dankie vir ’n interessante kursus. Ek het baie geleer en duidelikheid gekry oor dinge waaroor ek altyd onseker was.”
– Lize Green
“Wat lekker is, is om ’n deel van die kursus te doen, dan buitentoe te hardloop om dit te probeer toepas, en te verstaan wat jy doen en hoekom jy dit doen. Dis ook ’n groot pluspunt dat ek dit op eie stoom kan doen”
– Mona Salomon
“Ek geniet die kursus, leer baie en verstaan die kamera baie beter. Ek doen die verstellings vinniger en geniet elke foto wat ek neem.”
– Koos Coetzee
“Ná die eerste module al het ek die meeste van my foto’s se beligting en ander verstellings reggekry. Dit voel wonderlik – dis nou mý foto’s en ek neem nie meer met iemand anders se hulp nie. Ek is mal daaroor dat ’n mens kan teruggaan en weer na die inhoud verwys.”
– Eleonore Schelhase