
Om seker te maak dat ons meer gereeld gehalte-podcasts kan publiseer, gaan ons die formaat van elkeen van Weg se podcasts ’n bietjie verander. Van nou af gaan Weg Stories sowel as Go Stories in ’n seisoenformaat beskikbaar wees. Elke seisoen gaan bestaan uit 10 episodes wat dan elke week uitgereik word.
Nie net gee dit vir ons produksiespan genoeg tyd om seker te maak dat elke episode betyds uitgereik word nie, maar dit beteken dat ons ook meer episodes van Weg se langer podcasts, Op reis met Weg, kan uitreik.
Hou die webwerf dop, Weg Stories se nuwe seisoen sien in April die lig. En as jy nog nie na ons podcasts geluister het nie, soek vir Weg Stories, Go Stories of Op reis met Weg op jou gunsteling-podcast-app. Tussen die 3 podcasts is daar reeds meer as 90 episodes beskikbaar.
Weg Stories
Go Stories
Op reis met Weg
Lekker luister!