Luister na Episode 44 van ons podcast: "Op die spoor van James Bond" deur Dana Snyman.
Om te reis is nie altyd maklik of lekker nie, sê Dana Snyman. Soms is dit spanningsvol – soos wanneer jy skool bunk om ’n James Bond-fliek te gaan kyk. Luister hier na die nuutste episode van ons Weg Stories-podcast.
Nuwe episodes van Weg Stories word elke tweede week vrygestel, op ons webwerf en iTunes – jy kan ook op jou gunsteling-app daarna luister. Hier's ons volledige podcast-gids as jy onseker is hoe om die nuwe episodes in die hande te kry.
Wees op die uitkyk vir ’n splinternuwe episode op 17 Julie. Die podcast sal altyd gratis wees – maar as jy graag ’n bydrae wil maak, gee vir ons ’n punt uit vyf op iTunes!