Daar sal twee afwerkingsvlakke wees: Progressive en Power. Eersgenoemde is gemik op mense wat ’n hardwerkende bakkie soek, maar ook ’n bietjie wil spog met hulle deftige ryding.
Die Power is aan die bopunt van die spektrum en is bedoel vir mense wat ’n leefstylvoertuig met styl en werkverrigting soek.
Ons wag nog op nuus oor die V6 se prys – dié moet nog eers bekend gestel word – maar dit is duidelik hy gaan duurder wees as die Amarok V6 van Volkswagen.