book-icon Uitgawe OKTOBER 2019

Toe en Nou: Die Ou Meul, Port Alfred

akkreditasie
Die baasbrein agter die bou van die hawe, William Cock, het bloed gesweet om die klipkanaal te bou wat water van die Kowierivier in die see laat vloei het. Deesdae is omgewingsbewustes dit eens dat dié kanaal ’n negatiewe impak op die natuurlike vloei van die rivier en die omliggende ekostelsels het

Elke dorp het bakens – daardie geboue wat te midde van ontwikkeling min of meer dieselfde bly. Op Port Alfred is die blokagtige Ou Meul op die wesoewer van die Kowierivier so ’n baken.

Die meul is in 1849 deur die Britse setlaar William Cock gebou. Die jonge Cock (toe 27) was die leier van ’n groep van 91 Britse setlaars wat in Mei 1820 op die HM Weymouth in Algoabaai in die Oos-Kaap aangekom het.

Cock was ’n drukker in Cornwall, maar het allerlei ander geleenthede in die Kaapkolonie raakgesien en uiteindelik op Grahamstad (deesdae Makhanda) beland. Hy het later vir sy gesin ’n huis gebou op Port Frances, wat in 1860 herdoop is tot Port Alfred. (Terloops, die naam is so verander ter viering van die eerste besoek van koningin Victoria se seun prins Alfred aan die kolonie. Die jong prins het egter nooit opgedaag nie!)

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan