Of jy nou aksie, avontuur, kuns, kultuur, geskiedenis, pret en plesier of bloot rus soek, Mosselbaai is ’n bestemming duisend. En dis boonop ligter op die sak as baie van die ander bestemmings in die land.
1. Swem, Jannie, swem
Besoekers aan Mosselbaai is ’n klipgooi van altesaam 4 blouvlagstrande: Santos, De Bakke, Hartenbos en Klein-Brakrivier. Dit beteken die strande voldoen aan die hoogste gehalte- en omgewingstandaarde. In seisoentyd is hier van 08:00 tot 18:00 menseredders aan diens.
3. Grotkruipers
Vir ’n onvergeetlike belewenis, besoek die Cape St. Blaize- en die Pinnacle Point-grotte. Dié grotte neem jou 162 000 jaar terug in die geskiedenis en word gereken as die punt van die mens se oorsprong (in Engels: “Point Of Human Origin”). Jy kan Cape St. Blaize sonder begeleiding besoek. Artefakte van om en by 80 000 jaar gelede wat hier gevind is, is nou by die Dias-museumkompleks te siene.
(Meer inligting by www.humanorigin.co.za, of 071 690 8889/079 640 0004.)
Verken Pinnacle Point op ’n begeleide toer. Let wel: Jy kan die grot net met ’n stel steil trappe bereik. Bespreek vooraf by: www.humanorigin.co.za, 079 640 0004/071 690 8889. www.visitmosselbay.co.za/archaeology
4. Stap tot jou asem begin Blaize ...
Die staproete volg ’n kontoerpad van 13,5 kilometer oor die kranse wes langs die Mosselbaai-kus af en strek van die St. Blaize-grot by die Punt, tot by Danabaai se 1ste Strand. Gaan vra raad by die Toerismekantoor.
As die grotte jou eers nuuskierig gemaak het, besoek ook die Dias-museumkompleks, Posboom, Dias-karveel, Skulpmuseum, Akwarium en die Cape St. Blaize-lighuis. Mosselbaai het ’n groot (en interessante) rol in Suid-Afrika se geskiedenis gespeel. www.diasmuseum.co.za.
6. Haai daar, ouens
White Shark Africa se haaihokduiksessies vind vanaf die 11,5 meter lange Shark Warrior plaas. Duikpakke, duiktoerusting en ligte verversings is ingesluit. Bangjan kan die haaie vanaf die boot dophou.
Bespreek by www.whitesharkafrica.com of 082 455 2438/044 691 3796. Vir ’n ander belewenis, kom swem saam met die hondhaaie by The Shark Lab. Geen bespreking is nodig nie. Bring jou eie swembroek of duikpak en swemhanddoek saam. Meer inligting: 063 408 1724.
7. Kom tem die sanddraak
As jy hare (en sand) op jou tande het, kom tem die Draakduin (“Dragon Dune”), die grootste sandduin in Suid-Afrika. Sandduinry is baie soos sneeuplankry en jy het geen vorige ondervinding nodig om dit baas te raak nie. Hier kan jy vorder vanaf die Baba-duin (100 meter), na die Big Boy (180 meter) en helaas na die Big Daddy, oftewel die Draakduin (350 meter). Bring toe skoene, drinkwater, sonskerm en jou aksiekamera saam.
Bespreek ’n dag voor die tyd by www.dragondune.com of 082 971 1405.
8. Klap ’n toon
Kry vir jou ’n Historiese Roete-kaart by die Toerismekantoor op die hoek van Mark- en Kerkstraat en verken Mosselbaai te voet. Dié brosjure wys byna 70 geskiedkundige geboue uit wat almal dateer uit die jare 1786 tot die vroeë 1990’s. Maak ’n punt daarvan om die Ou Foto-uitstalling in die timmermanswinkeltjie by Montagustraat 89 (agter die taxi-staanplek) te gaan kyk. Die Santos Pavilion is een van twee Victoriaanse strandpaviljoengeboue wat vandag nog gebruik word. Dit is in 1906 gebou nadat die argitek in Engeland gaan draai het om die Brighton Pavilion te bestudeer. Vandag huisves die Santos Pavilion ’n lieflike restaurant op die strand.
9. Nog lank nie oor die muur
Mosselbaai se hawemuur bied heelwat om te sien en doen. Geniet die uitsig oor die see terwyl jy iets eet by een van die eetplekke op Kaai 4. Sea Gypsy-restaurant is ’n ou gunsteling onder die “locals” en besoekers, en ’n entjie verder sal jy die bloedrooi bus genaamd die London Bus Fish & Chips Company aantref, waar jy op die boonste vlak van dié daklose bus kan aansit. Langsaan is die Mossel Bay Oyster Bar, wat oesters en vonkelwyn, asook soesji bedien. Die Kaai 4-braairestaurant spesialiseer in tradisionele Suid-Afrikaanse kos soos braaivleis, seekos en vars roosterkoek – alles op ’n oop vuur berei. Die hawemuur bied ook heelwat pret-aktiwiteite aan. Electrodive spesialiseer in skubaduik en snorkel, of jy kan saam met die manne van Go Fish gaan diepseehengel. In die somervakansie is die Waverider gewild onder adrenalienverslaafdes.
10. Sprei jou vlerke
Mosselbaai is die kroonjuweel in ’n fantastiese streek. Bondel die kinders en jou skoonma in die motor en ry vir die dag uit na Herbertsdale, die Brakke (Groot-, Klein- en Mid-Brak), Heroldsbaai, Brandwag, Ruiterbos, Friemersheim, Danabaai, Boggomsbaai, Fransmanshoek, Vleesbaai, Gourits of Albertinia. Op sommige strande kan jy vir Wagter saambring – hou die borde dop.
Te veel om te kies? Die vriendelike mense by die Mosselbaai-toeriste-inligtings- kantoor staan reg om jou in die regte rigting te stuur. Hulle is by: h/v Mark- en Kerkstraat. 044 691 2202, info@visitmosselbay.co.za
GPS-punt: S34.180113, E22.143153
www.visitmosselbay.co.zawww.facebook.com/visitmosselbay
@visitmosselbay
#visitmosselbay
- Visit Mossel Bay #visitmosselbay #mosselbay
- Electrodive
- Mossel Bay Deep Sea Fishing Adventures
- Wave’s S’cool of Surfing
- White Shark Africa
- Dragon Dune Sandboard
- Skydive Mossel Bay
- Bergfietsroetes
- Staproetes soos Cape St. Blaizeen Oystercatcher
- Romonza-bootritte
- Model Shipyard
- Mosselbaai Kunsroete
- Garden Route Casino @Pinnacle Point
- Pinnacle Point Gholf Estate
- Mosselbaai Gholfbaan
- Fietsry en Bergfietsroetes Mountain Bike Trail Parks bv. by Klipheuwel, Jakkalsvlei, ReedValley
- Perdry: Adventure Horse Safari’s en Outeniqua Moon Percheron
- Hartenbos
- Groot-Brakrivier Museum
- Wildplase en ander plase waar jy wild en voëls kan sien: Indalu , Botlierskop , Garden Route Game Lodge , Hartenbos Private Game Lodge , Eight Bells Mountain Inn, Bergsig Game Farm
- 4x4 Roetes Bonniedale Holiday Farm, WildX Adventures
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET