book-icon Uitgawe September 2018
Deel

4x4-roete: Alkmaar kán maar

akkreditasie

Nelspruit is ’n gewilde aftrekplek vir vakansiegangers wat van Gauteng af na die Krugerwildtuin reis. Ook Mosambiekers kom oor die Maputo-korridor Nelspruit toe om hulle maandelikse inkopies te doen. Skaars 10 minute buite die stad tref jy die Schagenvallei aan.

Die vallei deel sy naam met ’n streek in die noorde van Nederland (nie juis bekend vir berge en valleie nie) en in dié vallei kom jy die nedersetting Alkmaar (ook ’n Nederlandse naam) teë.

Hier, op ’n sitrus-en-macadamiaplaas met dieselfde naam, is die Alkmaar-4x4-roete. Wees op die uitkyk vir die baniere vir die Kwanyoni-lodge langs die N4-snelweg. Draai hier af (S25.449700 E30.826550) en skakel die telefoonnommer op die plakkaat langs die hek. Die plaas behoort aan Johann en Wanda Sippel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan