Ons het ’n paar strande gaan soek waar jy en jou sambreel alleen kan wees, dalk met net ’n swarttobie vir geselskap...
Hierdie strande is gewoonlik in ’n natuurreservaat, moeilik om by uit te kom, nie swemvriendelik nie of bloot minder bekend. Hoe dit ook al sy, dis die soort strand waar daar meer meeue as mense is.