book-icon Uitgawe September 2019
Deel

Aftrekplek: Die Waenhuis, Coligny, Noordwes

akkreditasie

Dié geboutjie is Christa O’Callaghan se eetplek, Die Waenhuis. “Ek maak maar eenvoudige boerekos,” vertel Christa my terwyl ek ’n perfekte koeksister (nét hard genoeg buite-om, nét sag genoeg binne...) wegpak saam met my swart koffie, voorgesit in ’n blikbeker. Die plaastema is sterk by Die Waenhuis – agter die toonbank is selfs ’n plaashek teen die muur gemonteer!

Terwyl ons gesels, kom ’n paar van Christa se gereelde klante inloer om kos op te tel. “Veral die ou mense op die dorp koop hier,” sê sy wanneer ’n oom daar uit is met sy wegneemetes. “Ons prys is goed en dis lekker baie kos.”

Vir mense in Coligny het Christa ’n WhatsApp-groepie waarop sy elke oggend laat weet wat sy vir middagete maak. Dit wissel van skaapkerrie met stampmielies en pampoenkoekies daarby, of, soos vandag, lewerkoekies met kapokaartappels en wortels. Soms maak sy hoenderpastei, soms bobotie en soms beesbredie. Dit kos net R30 vir ’n bord hiervan!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan