Kardoesie is bo-op die Piekenierskloofpas met ’n mooi uitsig oor die Renosterhoekvallei in die weste. Hier is van klere en boeke tot robvel-vellies, maar dis die tuisgemaakte pasteie wat mense laat toustaan.
Hulle restaurantspyskaart is uitgebrei: Van burgers tot pizzas, slaaie en koek, gevulde pannekoeke en ook ’n kinderspyskaart.
Sondagmiddae word hier gekook! Kry die spyskaart op die webblad en maak seker jy bespreek vooraf.
Waar? Langs die N7, 10 km suid van Citrusdal (150 km van Kaapstad af)
Oop: Ma.-Sat. 8 vm.-5 nm.; Son.: 12 vm.-5 nm.
Kontak: 082 525 2247; www.kardoesie-n7.co.za
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET