Meneer Matjiesfontein se laaste rusplek
Die grafstene is van die pad af sigbaar. James Logan, die stigter van Matjiesfontein (Suid-Afrika se kleinste dorp) lê hier begrawe, sowel as sy vrou, Emma, en ’n vriend, G.A. Maxwell.
Die Engelse krieketster George Lohmann, wat die laaste paar jare van sy lewe op Matjiesfontein verwyl het en die Skotse genl.maj. Andy Wauchope – wat op 11 Desember 1899 by Magersfontein gesneuwel het – rus ook hier.
Waar? 10 km wes van Matjiesfontein
GPS S33.23958 E20.47525
Matjiesfontein-hotel
Dié piepklein Victoriaanse dorpie verdien ’n langer besoek, maar ’n vinnige draai deur sy enkele straat sal jou ’n goeie idee gee van hoe sy Skotse stigter, James Logan, se imposante Lord Milner-hotel, die skrywer Olive Schreiner se huisie, die ou treinstasie en die paar museumgeboue lyk (lees in Weg #132 alles oor Matjiesfontein).
Hier’s ook ’n kroegie en ’n restaurantjie as die honger knaag.
Waar? 30 km wes van Laingsburg.
Kontak 023 561 3011; matjiesfontein.com
Lees Sophia van Taak se storie (www.netwerk24.com/Weg/Reis/daars-n-trein-toe-toe-toe-toe-toe-toe-20170904) vir meer inligting oor treinritte na, en doendinge op Matjiesfontein
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET