Vir die grootmense is hier bordjies met woordspelings (’n klip wat in die lug hang, word ‘Klipdrift’ gemerk) en heerlike ingelegde produkte soos kerriepynappel en lemoenskil.
Dis pynappelwêreld; probeer die pynappelsap (R18 vir 500 ml en ook beskikbaar in 2 liter). Of wat van fynbosheuning (R42)?
Die koffiewinkel bedien ook ontbyt en ligte middagetes vir tussen R30 en R60.
En as jy gewonder het: Tam’JaZi staan vir die name van die eienaar, Sandy Zehmke, se kinders (Tammi, Jason en Zarrin).
Waar? Langs die R72, 5 km voor Alexandria aan Port Elizabeth se kant.
Kontak: 072 729 5355; www.facebook.com/TamJaZiCountryFarmStall/
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET