En dis met groot geduld gedoen, want ons praat hier van duisende kaktusse, vetplante en broodbome – en dié plante groei uiters stadig!
En boonop is elkeen van hulle van saad gekweek – niks is van elders af aangery en hier aangeplant nie.
Hier’s verstommend baie inheemse spesies, maar ook aantreklike plante uit ander lande. Soos die harige Ou Man van Peru (Espostoa lanata), Skoonma-se-kussing (die Mexikaanse Echinocactus grusonii) en die Malgassiese “seekatboom” (Alluaudia procera), met sy lang takke vol ritse blare én dorings.