Deel

Doendinge: Hou piekniek in die Walter Sisulu- botaniese tuin

akkreditasie
Die Walter Sisulu- botaniese tuin
Die Walter Sisulu- botaniese tuin
Dié botaniese tuin in Roodepoort in die Wes-Rand is al 37 jaar oud en ’n gewilde bestemming vir daguitstappies en pieknieks.

Interessante feite:

71 Die hoogte (in meter) van die Witpoortjiewaterval – die tuin se grootste attraksie.

220 Die getal voëlspesies wat in die tuin voorkom – en dit sluit in ’n broeipaar witkruisarende.

300 Die grootte van die tuin (in hektaar). Dit bestaan uit natuurlike veld en beddings wat deur tuinboukundiges uitgelê is. Hier is onder meer ’n deel met medisinale plante en ’n waterslimdeel wat waterbesparingstegnieke wys.

600 Soveel plantspesies kom natuurlik hier voor. Die tuin bied verskillende habitats, van rotswande en grasveld tot water, woud en bosveld.

Hier is ook verskeie reptiele en klein soogdiere soos jakkalse en bokkies wat in hulle natuurlike habitat hier woon.

Kontak: 086 100 1278; sisulugarden@sanbi.org.za

Oop: Maandae – Sondae 8 vm. tot 5 nm.

Bron: sanbi.org