
Die Vergenoegd-wynplaas het reeds in 1984 begin om dié eende in die wingerde te laat wei as deel van ’n pesbeheerprogram – die eende is veral lief vir slakke. Ná die parade kan jy jou sit kry onder die koeltebome. Kuier rondom ’n piekniekmandjies wat jy kan bestel wat ’n bottel wyn en water insluit. Hulle het ook mandjies vir kinders. Jy kan jou piekniekmandjie vooraf op hulle webwerf bespreek.
Op Vergenoegd word gewoeker met allerhande interessante doendinge soos wynproe, piekniek en eend- en keldertoere
Heng, dis ’n lekker plek – maak sommer gou plek in jou dagboek vir die eendparade en nog wat!
Waar? Die afdraai na die wynplaas is sowat 12 km noordwes van Somerset-Wes op die R310.
Oop? Die plaas is daagliks oop van 8 vm.-5 nm. Die eende waggel om 9.45 vm., 12.30 nm. en 3.30 nm.
Kontak: 021 843 3248; vergenoegd.co.za