Die hotel word bestuur deur studente van Stenden South Africa, ’n toonaangewende hotelskool wat in Port Alfred gebaseer is. Soos wat ’n mens kan verwag, is die diens uit die boonste rakke.
Sit buite naby die rivier, bestel ’n hoender-prego roll en kyk hoe die wêreld verbyvloei.
Die restaurant bedien ook hamburgers en skyfies (hulle maak die skyfies self), ontbyt (die hele dag lank) en gourmet-broodjies.