Kyk net die uitsig! Van die Swart-koppiekroete af sien ’n mens Judaspiek, Paulsberg en Kaappunt. Dié blad, kloksgewys. ’n Deel van die staproete loop deur digte proteas – dra ’n langbroek vir takke wat kan krap; Sewejaartjies; Die blokhuis bo Simonstad; Op 678?m kan stappers ’n welverdiende blaaskans reg bo-op Swartkop se piek neem.
Oor naweke raak Tafelberg se roetes só vol dat jy halfpad teen die berg op wens jy het eerder by die huis gebly. Dis pal ’n ge-good morning en “goeiemôre” soos stapgeselskappe mekaar verbysteek, en kort-kort moet jy die fynbos inbeur om vir ’n haastige drawwer of ’n tros honde plek te maak.
Moet my nie verkeerd verstaan nie: Ek gun elke diertjie sy plesiertjie, maar wanneer ek berg toe gaan, is dit om wég te kom van mense af.
Ek wil dan net die stilte van klip rondom my hê. Toe vriende my dus nooi om die minder bekende Swartkoppiekroete bo Simonstad te stap het ek sonder meer ingestem.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.