Wanneer jy op ’n Vrydagmiddag ná werk uit Kaapstad ry tot waar die pad doodloop en jou naweektassie uitlaai, begin jy dadelik herlaai.
Die ruim kliphuis staan op sy eentjie teen die boloop van die Olifants-rivier. Hier’s ’n swempoel, ’n mooi wilgerboom, ’n braaiplek en ’n uitsig.
Hier is slaapplek vir tien volwassenes en drie kinders. Die hoofhuis het ’n oopplan-kombuis-en-eetkamer, ’n knus sitkamer met leerbanke, ’n kaggel en twee en suite-dubbelkamers.