Trouens, ek het die bou van dié twee ekovriendelike houthutte op die plaas langsaan die reservaat fyn dopgehou en dit dadelik ge-Google toe die naambord verskyn.
Maar dit was ’n bietjie duur. En ’n groot beswaar van my man se kant af: Daar was net ’n gasbraai (vanweë die brandgevaar).
Ons kon nog ’n plan maak met die begroting, maar wie kan naweek hou sonder die geknetter van ’n vuurtjie?