book-icon Uitgawe oktober 2019
Deel

Bly hier: Just For Two Cottage, Baviaanskloof

akkreditasie

Die sjjjj is so erg dat jy by tye dink daar is fout. Jy is skoon verlig as twee hadidas se skel roepe teen die kranse vasslaan en die eggo vir ’n sekonde of twee ronddraai. Veel meer gaan jy nie sommer hoor nie, want die Just for Two Cottage staan alleen in sy eie kloof.

Vergeet van selfoonontvangs en elektrisiteit... Hier gee paraffienlampe lig (en atmosfeer). ’n Gasgeiser verskaf warm water. In die kombuis staan ’n gasyskassie, tweeplaatgasbrander en ’n houtstofie. Die badkamer het nie ’n dak nie sodat jy die wolke en sterre kan dophou.

Die kleinhuisie is ’n paar treë se stap, maar het wel ’n spoeltoilet en ’n wonderlike uitsig oor die kol waar die son sak (hier is ’n deur as jy skaam is). Buite is ’n braaiplek. Die winter raak goed koud – onthou genoeg warm klere as julle langs die vuur wil sit en na die Melkweg staar (hier’s ook ’n donsduvet op die dubbelbed).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan