Tog is hier ’n paar kolle waar dinge nog teen ’n stadige pas beweeg. Pringlebaai, so 85 km van Kaapstad af, is so ’n kusdorpie.
Die meeste paaie is grondpad en ruie bosse fynbos staan heuphoogte tussen van die huise.
As jy op die strand stap of sandkastele bou, hoef jy net jou kop effens noord te draai vir ’n uitsig op die grysblou Kogelberg wat bo die dorpie uittroon.