book-icon Uitgawe Julie 2020
Deel

Brief uit Maltahöhe

akkreditasie

Hier kreun die aarde van die dors, en die mense is taaier as Wilson-toffies. Maltahöhe se hoogtepunte behels: ’n Bier kap by die hotel, ’n week oue broodjie by die kafee koop, ’n paar sokkies by Pep Stores aanskaf, en bevrore aartappelslaai en ’n bos uitjies by Die Pappot trek.

Maar ek is nie op Maltahöhe vir enige van dié aktiwiteite nie (hoewel ek nooit die dorp sonder Die Pappot se aartappelslaai verlaat nie). Ek is op pad na my broer-hulle op die Neuras Wine and Wildlife Estate. Dis een van die droogste wynplase ter wêreld. ’n Mens moet deur Maltahöhe ry om daar uit te kom. Hiervandaan na Neuras moet jy seker maak jou kunstande is vasgegom, want die pad is skurf.

Ek besit ongelukkig nie ’n motor wat dié grondpaaie kan baasraak nie. Ek ry dus tot op Maltahöhe en dan kom haal Boetman my met sy bakkie. Dié is ruim genoeg vir ’n grootdoopplegtigheid én al die gaste. Dis ’n Cruiser met enorme bande en tronktralies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan