book-icon Uitgawe Oktober-November 2020
Deel

Brief uit: Mauritius

akkreditasie

Teen die vierde of vyfde dag ken almal mekaar. Nie noodwendig op die naam nie, maar daar word gewuif of geknik… ’n Informele erkenning dat ons lotjie saam ’n eiland-ervaring deel. Omdat Air Mauritius slegs op sekere weeksdae van Suid-Afrika af hierheen vlieg, is die oord se verblyfpakkette só ontwerp dat ’n groep toeriste wat saam hier land, gewoonlik weer op dieselfde datum vertrek. Tot dan is ons hier vir dieselfde lekkertes.

Jy merk dalk reeds voordat julle op die O.R. Tambo- internasionale lughawe op die vliegtuig klim daai ander gesinnetjie op: Ook hulle het te veel bagasie, hulle kinders neul ook en aan diékant glimlag julle verras vir mekaar wanneer julle op dieselfde oordbussie klim. Teen die derde dag het julle al genoeg kere saam by die kroeg vir ’n cappuccino of ’n Tropical Caress gestaan en wag om te weet hulle woon in Hoedspruit en werk vir bewaringstoerisme.

Maar steeds wil jy meer weet.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan