Sommige mense – en dit sluit van my vriende in – het altyd negatiewe kommentaar as hulle sien jy ry met ’n Land Rover. My vrou, Annamarie, het in 2015 ’n nuwe Discovery Sport HSE gekoop wat nou 45 000 km op die klok het. Dié ryding is vir ons net ’n plesier en het sover nog geen probleme gegee nie.
Ons was onlangs Namibië toe met die Discovery om vriende se sestigste verjaardagviering by Sossusvlei by te woon. Daar moes ons deur dik sand ry op pad na die Dooievlei.
Ons het na die sand-modus oorgeskakel en is sonder enige probleme vort. Dít terwyl een van ons vriende – nogal met ’n Lexus LX – vasgeval het.