book-icon Uitgawe Februarie 2020
Deel

Gee my krag!

akkreditasie

Ek moet erken ons het die anderdag gesukkel om ons verbasing weg te steek toe die Suid-Afrikaansgebore stigter van Tesla, Elon Musk, sy nuwe elektriese bakkie vir die wêreld wys. Dis nou nie juis wat ’n mens die toonbeeld van motorontwerp sal noem nie, of hoe?

En daar verkondig Elon vir almal wat wil hoor die trokkie se staalbakwerk en metaalvensters kan selfs koeëls én ’n aanslag met ’n swaar hamer trotseer. Maar toe sy ontwerphoof ’n staalbal na die linkervoorruit slinger, spat dié daar op die verhoog – en die wêreld – aan skerwe. “Daar is ruimte vir verbetering,” het Elon glo onderlangs gemompel.

Maar ondanks dié rampspoedige bemarkingsfoefie én die kritiek uit alle oorde oor die Cybertruck se twyfelagtige ontwerp het Elon onlangs op Twitter gesê Tesla het al digby 150 000 bestellings ontvang. Verstommend!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan