
Al twee die strukture in dié swart-wit foto van 1903 is gesloop om plek te maak vir die nuwe treinbrug, wat in 1934 ’n entjie stroomop van die oue (wat uit die laat 1800’s dateer) gebou is.
In 1903 was die blokhuis nog splinternuut.
Dit is tydens die Suid-Afrikaanse oorlog (die “Anglo-Boereoorlog” van 1899-1901) gebou om die treinbrug te beskerm teen aanvalle deur Boerekommando’s.
Die betonstutte wat deur die jare in die rivierloop gestaan het, is meegesleur deur die verwoestende vloed van 25 Januarie 1981.
Altesame 103 inwoners is dood en 184 huise vernietig. Die brug op die kleurfoto het die vloedwaters deurstaan, ten spyte daarvan dat die Buffelsrivier teen sowat 8 000 ton water per sekonde oor die brug gesleur het toe die vloed op sy hoogste was.
Bron: Laingsburg vloedkaart, uitgegee deur die Laingsburg Munisipaliteit
Hierdie artikel het oorspronklik in Weg # 27 (Januarie 2007) verskyn.