Ek sleep sedert 2009 ’n Jurgens Fleetline met die X-Trail. Net buite Nelspruit hoor ek ’n klopgeluid, maar ek dink dis die bagasie agterin wat so raas.
Ek besluit egter om stil te hou en seker te maak alles is in die haak. Tot my ontnugtering sien ek die regterkant van die stangarm lyk los. Dis ook die kant waar die Yellow Blade-stabiliseerder se arm inpas.
Ek besluit om met ’n slakkepas deur te druk tot by die Machado-Shell-vulstasie, sowat 100 km verder.